Gehalte-onderrig met persoonlike aandag - waar elke leerder tot sy volle potensiaal ontwikkel
Kontak Ons VandagGraad RRR tot Graad 3 - 'n Geborge, veilige en stimulerende omgewing waarin elke kind as individu kan ontwikkel. Selfvertroue word ontwikkel en elke kind se uniekheid word erken.
Graad 4 tot Graad 6 - Fokus op die ontwikkeling van kritiese denke en probleemoplossing. Intervensie word gebied aan leerders wat hulp nodig het.
Graad 7 tot Graad 9 - Ervare en gekwalifiseerde onderwysers wat elke leerder se belange op die hart dra. Klein klasse vir individuele aandag.
Graad 10 tot Graad 12 - Groot verskeidenheid vakke om van te kies, gebaseer op die KABV kurrikulum met praktiese vakke wat opwinding skep.
Nie meer as 25 leerlinge per klas nie, wat individuele aandag moontlik maak
Almal ondersteun mekaar en onderwysers is altyd gewillig om te help
Ekstra ondersteuning vir leerders wat hulp nodig het met spesifieke vakke
Vakke wissel van Bybelonderrig, Ingenieursgrafika, Toerisme tot Algemene Wetenskappe
Baie belang in elke kind se prestasie en trots op elke Sonnie
Fokus op kreatiewe denke, kritiese denke en kommunikasievaardighede
Die hele ontvangs by Sonneveld Akademie was net besonders wonderlik en ek is vandag spyt ek het my dogter nie van dag 1 af in Sonneveld Akademie gesit nie. Daar is soveel ondersteuning en liefde wat aan ons kinders gebied word en ons word altyd op hoogte gehou van als wat daar gebeur. Sonneveld Akademie is vir seker een groot familie. Ek sal hulle enige dag aanbeveel.